Die Knater-vink

Ek vind myself gefassineerd deur die merkwaardige gewoontes en unieke eienskappe van die Knater-vink. Met sy liggrys rug en kop, saam met bruinrooi vlerkpunte en ‘n ligter bruinrooi buik- en keelgebied, staan hierdie ontwykende voël beslis uit in die voëlwêreld. 

Wanneer die gedrag van die Knater-vink waargeneem word, kan mens nie help om die subtiele knippie in die oë van die mannetjiesvoël te merk elke keer wanneer hy op verskillende takkies land nie. Ek vermoed dat hy maar versigtig sy sitplek kies. 

Wyfies, ietwat kleiner as die mannetjies, is heelwat meer kletserig as wat die mannetjies is. Hul hop energiek van takkie tot takkie, al agter die mannetjie aan, asof sy hom wil sê wat om te doen. 

Jong Knater-vinke word dikwels verwar met Rooi Bal Wewer, maar die sleutel tot onderskeiding lê in die vorm van hul bekkies. Terwyl die Rooi Bal Wewer se bek ‘n breër profiel het, het die Knater-vink  ‘n smaller, skerper bekkie om insekte van blaartjies en takkies af te pik.

Die paringsritueel is een van die vreemdste wat ek al gesien het. Tydens winter, wanneer die koue die knater vink se spermsakke laat verklein, kan die mannetjies makliker die wyfievoëls paai.

Die mannetjie sit op ‘n redelike stewige takkie en begin Kwê soos ‘n Kwê-voël. Op elke kwê krimp die knatertjies in en met elke teug na asem, sak dit weer uit. Soos wat die wyfies kletsend nader kom, word die deuntjie noukeurig ontleed. Hul luister vir die knater-vink mannetjie wat die kwê die langste kan hou.

In die wondere wêreld van die Knater-vink, is daar geen kortpad na die knater nie. Elke kwê bevestig wat sy wil hê, elke val maak haar mal. Die grootte van die voël is nie wat belangrik is by hierdie spesie nie.